Dear family and friends!!! We are blessed - we had a great work life and now enjoy our travels which reflect our new lifestyle. Ons is werklik begenadig. Our family love hearing about our adventures, our friends join us when possible, and we always share the joy of Christ with others. Dis veral lekker as ons "comments" kry. Love you all!!

Friday, March 12, 2010

2010.03.12 - 2010.04.21: Camino de Santiago de Compostella (39 dae gestap)



2010.03.12

Liewe Famile en Vriende

Moet tog net nie alles nou al lees nie - maar lees dit soos ek vir julle via epos 'n "link" stuur na ons blog. Dan het ons weer 'n stukkie van die toer agter ons en wil ons dit graag met julle deel. Dalk maak ons nog aparte "blogs" vir elke deel van die toer? Maar op die oomblik voel dit vir my dat hierdie oorsigtelike / voorlopige toerplan nou die beste is wat ek vir julle het.

Ons het gekies om te toer - ons het besluit hoe lank ons weggaan - dus het ons net onsself te danke vir ons lang afwesigheid. Maar, soos die tyd naderkom (ons vertrek vanaand?!?!) raak ons erg bewus dat ons julle baie gaan mis en Ella sal ons seker gladnie onthou nie. Gelukkig weet ons ook dat ons julle kan vra om elke dag vir ons te bid - wees verseker daarvan dat julle ook elke dag (soos altyd) in ons gebede sal wees.

Mag ek vir julle bietjie raad gee?? Hou julle huishoudingsake op datum. Dis nou assuransie, testamente, verjaarsdaglyste, motorlisensies, tande, oe, ore, jaarlikse "check"-up, motordienste, bande, katpille, kroniese medisyne, "nood"-medisyne, hareknip, outomatiese rekeningbetalings, begrafnisreelings, salarisse, gemaklik stapskoene, paklyste, bepaling van beste roetes/besienswaardighede, besprekings, historiese inligting oor plekke, roetekaarte, toerbeplanning -- nou ja dalk is alles nie van toepassing op die daaglikse lewe nie, maar julle sal verstaan as ons sê dat ons onsself oor 'n mik werk om alles op datum te kry EN om op alles wat dalk kan gebeur voorbereid te wees EN om darem iets te weet van die plekke waarheen ons reis EN om darem laaste-lekker-kuiers met julle in te pas (dis natuurlik net 'n plesier).

Ek het nou nie tyd om al die inlgting (veral rondom die vlugte te kontroleer nie - glo dis reg?). Detail verskyn ook in verdere blogs.
Die lewe is beslis 'n plesier. Ons is soooo~ooo bevoorreg. Ons dank God daarvoor.

1e DEEL VAN TOER:

CAMINO DE SANTIAGO DE COMPOSTELLA (THE WAY O F ST JAMES - Jesus' half brother)



Dis maar 'n klein kaart maar dit gee julle 'n idee van waar ons stap: in die noorde van Spanje al langs die noordelikste dik rooi lyn. Ons begin in St Jean Pied-dePort (nie op kaart nie) en slaap by Roncovalles nadat ons oor die Pireniee gestap het. Kyk net al die ander staproetes wat na Santiago de Compostella lei. Ons stap dus maar 'n korte +-923km van al die moontlike roetes.

The Camino PHILOSOPHY: "There are no guarantees in the life of a plgrim and we are well served by developing an attitude of gratitude for all learning experiences found along the path."

ST JAMES sailed to Galicia to spread the Gospel among the pagans/druids. Later he was beheaded by Herod in Jerusalem in 42AD. His disciples brought his body back to Finis Terra (World's End - north-western coast of Spain) and after much opposition managed to bury his body in what is now known as San Tiago de Compostella. During the Muslim invation the route "disappeared" but re-emerged in 813 when a shepherd was drawn to St James' grave by a bright star ("Stella") in the field ("Compos") - hence the present name Santiago de Compostella. The tomb was re-affirmed, St James became (and still is) the patron saint of Spain, and the route became a pilgrimage. During the Middle Ages, it eclipsed all other pilgrimages.

The first written record of the Camino was published in 950AD. In the 12th century the Camino de Santiago de Compostella even eclipsed the pilgrimages to Rome and Jerusalem. Holy years (such as 2010 when St Iago's birthday, 25 July, falls on a Sunday) afford Catholic believers double pardon for sins. The Knights Templars were the corner stone of the "hidden" heritage of the Camino, but their power scared the pope and king of that time who had them all arrested on Friday, 13 October 1307, and summirarily put to death. Hence Friday the 13th is still considered unlucky!!!

The "CONCHA" (scallop shell) is the symbol of the pilgrim.  Here is the badge which is issued by by Confraternity of St James of South Africa. Symbollicaly the grooves on the shell show the rays of Christianity penetrating the world from the centre (Jesus Christ), but legend maintains that after the ship transporting him to Galicia was wrecked, St James body was washed ashore intact (on his horse?!?!) as it was covered with scallops.

In the decade, the NUMBER of pilgrims has increased from +-23,000 (1996) to 110,000 (2007) with the holy years exceeding all others - 152,000 (1999) and 180,000 (2004). In January 2007, 350 pilgrims arrived in Santiago and this number escalated to 27,140 in August 2007. However, as 2010 is a holy year, we chose March/April/May to hike - less people and cooler weather.

We hike in SPRING. This means cool conditions for walking, cold nights plentiful rain, so we are taking wet gear and warm fleeces. We mainly sleep in "albergues de peregrinos" (pilgrim hostels) in dormitories. We joined the Confraternity of St James of South Africa and each received a "credencial" (pilgrim's passport) which requests the "hospitaleros" (wardens) to give us shelter and to stamp our Camino passport. We buy our own food in local shops/restaurants, do our own washing and pace ourselves.

On our ROUTE, the main towns we pass through, after we start in St Jean Pied-de-Port (the foot of the pass - in France) and end in Santiago de Compostella, are:

Roncesvalles (Valley of Thorns) - Larrasoana - Cizur Menor - Puente la Reina - Estella - Los Arcos - Logrono - Najera - Santo Domingo - Belorado - St Juan - Burgos - Hornillos - Castrojeriz - Fromista - Carrion - Terradillos - El Burgo Ranero - Mansilla - Leon - Mazarife - Astorga - Rabanal - Molinaseca - Villafranca - O'Cebreiro - Triacastela - Sarria - Portomarin - Palas de Rei - Ribadiso - Arca - SANTIAGO - Finisterre (the end of the earth). These sleepovers are based on the 33 years that Christ lived on earth. We will not only sleep in these places but in many others as we think we'll take +-55 days to complete the 798.6km (to Santiago) + 93km (to Finisterre) = 891.6km.

Our PHILOSOPHY: "Pilgrimage, like life, is experienced on many different levels" - so except for the physical challenge, we will also see what God has in store for us.


ONTHOU DAT GEEN DATUMS VAS IS BEHALWE DIE WAT 'n * BYHET.

*2010.03.12 Vlieg van ORTambo (Jhb) na Madrid via Cairo (land 13.3).
BOOKING RESERVATION NUMBER: Y5ZTAB.
Flight 1: Depart ORT: 21:45. Arrive Cairo: 05:40 + 1 day. Egyptair MS840


2010.03.13 Flight 2: Depart Cairo 09:45. Arrive 14:05 Madrid.


Bly in Hotel Playa, Calle Victoria No.2, Madrid. Hierdie is ons uitsig vanuit ons hotelkamer. Die hotel is perfek binne stapafstand van al die besienswaardighede in ou Madrid.












Bekyk laatmiddag die wondere van die Museo de Prado. Hier´s ´n foto van ´n ou meester se werk (foto geneem voordat ons geweet het dat fotos VERBIED is!!) 





Die aand eet ons saam met 100e Madrid mense in Museo de Jabon (Die Ham museum!!) - eintlik ´n populere eetplek: bestel, betaal en kry jou kos - als binne 3 minute!! Mense staan en gesels oor hul borjie kos en drink wyn-bier. En van die plafon hang 100e hamme toegedraai in blou lap of bedek in dik wit vet - verstommend!. Hier´s Mrad by die toonbank.

2010.03 14
Stap verby die bekendste geboue in ou Madrid en bekyk die pragtige fonteine wat as verkeerssirkels dien.








2010.03.15
Vertrek per bus na St.Jean Pied de Port. The countryside is still asleep although the pastures are green - in the distance there´s snow on the mountains.




















2010.03.16 


(DAG 1)
Begin stap (sien kaart). Dit hang af van die weer, ons gesondheid/uithouvermoë, ens. hoe ons vorder. Ons begin by St Jacques se poort in St Jean Pied de Port (Foot of the pass). Maar ons is uitdruklik verbied om die bergpas te neem omdat die sneeu 2m diep lê!! St Jean is ´n prentjie mooi eeue-oue dorpie ' datum bo die deur is selfs 1732!

Langs die pad moet mens versigtig kyk vir die tekens wat aandui dat mens nog op die regte pad is.
Die pad is mooi, die weer perfek (+-18·C). Ons stap saam met gawe mense wat van België kom.
´n Voorbeeld van die detail-versiering wat huise in die dorpies te sien is.


Die Belge saam met wie ons ´n stukkie gestap het. Hy´t al 14 jaar klierkanker en stap nou sy 9e Camino. Lode, Mia en Mrad staan by die pelgrimsstandbeeld in Valcarlos waar ons besluit het om te oornag.
So het ons eerste dorm-kamer gelyk. Die herberg was silwerskoon, netjiese kombuis met moerkoffie, filter en selfs muffins! Ons was net 6 mense in ´n 10-bed kamer.



2010.03.17                    (DAG 2)                            Ons stap deur blaarlose woude, verby die swartkop skape wat beroemd is vir hulle kaas/melk, deur weivelde en verby die tipiese Basque-huise: die luike is donkergroen of rooibluin. Kyk net hoe lyk die teël dakke.










In die woude het ons selfs eetbare kastaaiings opgetel.

En op baie plekke kenmerkende Camino klipstapeltjies gesien - en natuurlik ons klippies bygevoeg. 
Die 2e dag se stap was erg opdraande gekoppel met ´n bietjie sneeu en ys op die pad - ons het maar versigtig van die een klipkolletjie na die ander getrap.
Uiteindelik bereik ons die Ibeneta pas. Die wind waai ons amper vanons voete af. Hier word die migrasie van die voëls bestudeer want nie net die pelgrims, Charlemagne se leër en die kruisvaarders het hierdie pas die beste roete van oos na wes gevind nie.

















Op hierdie pas is daar een van die verskeie monumente ter ere van Roland wat in hierdie omgewing gesterf het.





































Nog met 1.5km na Roncevalles!
































Nog die laaste bos vir vandag - kyk net die ongelooflike groen mos op die boomstamme.













Die ingangsportaal van die gebou waar ons pelgrimspaspoort gestempel word. Ons is na die dorm geneem (18 mense in 18 beddens). Ons het ons eerste pelgrimsete geëet: sop, forel en chips, joghurt en wyn - baie lekker.












Die Maria-beeld wat ´n wakende oog hou oor die hele Navarra-provinsie sedert die 14e Eeu. Die katedraal waarin sy staan is in 1218 gebou. Die mis waarin die pelgrims nagmaal ontvang het en geseën is was aangrypend (al was dit in Spaans). 













2010.03.18 
(DAG 3 - 21km)
Teen 8:15 het ons die klooster van Roncesvalles verlaat. Verby die Pilgrims´Monument (regs). Dis ´n baie lang dag se stap.



Maar baie mooi.























 
 
 
 



En vir sommiges so swaar dat hulle skoene in die boom steek!!! Kan jy die skoene sien? Ons kom veilig in Zubiri aan waar ons in ´n goeie herberg bly, ´n wonderlike pelgrimsete eet en in die bed duik - doodmoeg.



















2010.03.19 (DAG 4)
Ons stap na Larrasoane om ontbyt te soek - verby ´n sementfabriek.
















Hier is sommige van ons mede-pelgrims.
 
 
 



























Die padjies wissel. Klip om uit die water en modder te bly?



We visited the church at Zabaldika were Sister Maria opened the church for us to go inside with this enormous key.






George and us enjoyed the route together. He and Mrad found much to talk about.



























That evening we checked into Trinidad de Arre at the monastary.


















2010.03.20 
(DAY 5)
We left Trinidad de Arre after a good night´s rest. On the way to Pamplona we found this mini farmers´ market at Arre-Villava where we bought lovely fresh produce at a very reasonable price - lovely!















We had to cross this bridge to get into Pamplona.


































And through the old gate in the wall around old Pamplona.

























Just look at the detail of the ordinary street lamp posts in Pamplona.



Here is the life sized statue ¨Running of the bulls¨in Pamplona - quite scary!












Hier koop Mrad ´n buskaartjie na Los Arcos want ons besluit om tog nie die hele roete te stap nie - eerder minder kilometers elke dag en elke dag baie te geniet as om pyn en uitputting ons plesier te laat verdoof. (Verskonings??? Dalk???)






Ons kom in Los Arcos aan - darem uit die bus heelwat van die landskap gesien.






























Die pragtige kerkdeur van Los Arcos se katedraal.













Deel van die heerlike pelgrimsete wat die aand bedien is.

















2010.03.21

(DAG 6)
Ons vertrek na Vianna vanaf Los Arcos. Die omgewing is pragtig.

Hier is weer verskeie stapeltjies klippies sowel as ´n klein korbeel-agtige skuiling in die agtergrond. In die vorige eeue het pelgrims in sulke plekkies gebly.


By Torres del Rio het ons die opsigter van die 8-hoekige ¨Templar¨ knights kerkie gebel en sy´t dit vir ons kom oopsluit. Dis soooo eenvoudig binnekant en sooooo mooi. Santo Sepulchro een van die beste voorbeelde van hierdie tipe argitektuur.






Kyk net die teenstelling wat ons kry in Vianna - dis net die buitekant van die katedraal.


Hier kuier Mrad en Rebekah Scott - ons is juis vanaand by haar huis in Moratinos en kan ek op haar internet werk - maar dis 31 Maart se storie.


















2010.03.22
(DAG 7)
Ons is oppad van Viana na Logroño - self ´n gesoute pelgrim soos Rebekah (sy help om die Camino handleidings te skryf!!) moet ook soms rigting vra. En ´n plaaslike boer help tog te graag.
















Kyk net die mooi uitsig oor Logroño se buitewyke. En kyk hoe mooi is die Camino teken.





















Ons het sake wat ons in die stad moet afhandel en hierdie winkelvenster  met kinderklere was vir my mooi.


2010.03.23
(DAG 8)
George is te siek om verder saam te stap. Dalk ontmoet hy ons in Burgos? Ons stap van Logroño na Navarette deur hierdie ongelooflike groot natuurpark.






















Daar´s kilometers van wandelpaaie wat die Spanjaarde in hulle 100e gebruik en ook hierdie groot dam met verskeie wandelpaaie rondom.



Hierdie is die ruine van ´n middeleeuse hospitaal wat pelgrims versorg het. 

























2010.03.24
(DAG 9)
Ons het ´n goeie aan in Navarette gehad - die hospitaliero het selfs in oud-Latyn die Camino-liedjie vir ons gesing.


Nou stap ons verder op die pad wat van hierdie klippe gemaak is.


























Net buite Navarette loop ons verby hierdie pottebakkery fabriek - seker die grootste potte wat ons nog ooit gesien het.



Hierdie poort was die ingang voor die hospitaal (die ruine wat ons voor Navarette gesien het).
Hierdie kruise was bo-op ´n hoop klippe gepak - sommer net.
Hierdie trekker werk in ´n enorme veld want in die Roija area is wyn een van die beste produkte.












En hier stap ons in Najera in met die gewone welkom van die inwoners van die stad.

























En nadat ons dwarsdeur Najera gestap het tot by die ou deel waar die albergue is was ons baie bly om te arriveer.























Kyk net hoe oulik - net mans in die kombuis. Veral Ricardo wat langs Mrad staan (van Brazilie maar woon nou in Spanje) het dit baie gesellig gemaak.






En dis die kamer waar ons almal geslaap het.
2010.03.25
(DAG 10)
Van Najera na Burgos - as jy op die kaart kyk sal jy weet dat ons dit per bus gedoen het. Maar kyk net hoe mooi is die wêreld waardeur ons ry.










Dis ´n gewone straatlig in Burgos.




Natuurlik het ons Burgos se katedraal besoek en verskriklik geniet. Daar´s +-28 sale wat oop was - met ongelooflike kunswerke binne-in. Egter amper verkluim.








Een van die besienswaardighede was die ¨Golden Stairway¨- werklik indrukwekkend.










Hierdie bybel is in die 5e eeu met die hand op perkament geskryf!!

























2010.03.26
(DAG 11)
Ons verlaat Burgos deur St Martin se poort oppad na Hornillos.




Vandag se stap is nie ´n grap nie. Dis bibberkoud en die modder van die vorige dag se reen klou aan ons stewels vas. Die wind waai van voor - en dit waai.
























Kan jy dink hoe lekker so ´n ¨cafe con letche¨ is?

En die vla-koekie was ook baie lekker.












Uiteindelik lê Hornillos doer vêr voor ons in die vallei. Ons het die dag van koue, wind en modder oorleef. 














2010.03.27
(DAG 12 - 21km)
Ons vertrek 08:15 van Hornillos verby Fuente de Gallo met sy geverfde hoenderhaan op ´n pilaar - lekker gelag daaroor. 











En weer ploeg ons deur die modder met net soveel yskoue wind.
Ons loop verby die ruine van ´n Gotiese kerk St Anton. Kan jy die Tau (T-teken) in die venster sien? Dit verwys na die genesende krag van die liefde. Maar in werklkheid het hulle net vir die pelgrims gesonde brood gegee (sonder muf) en dit het hulle dan gesond gemaak!!


 Uiteindelik na 21km bereik ons Castrojeriz - redelik pootuit.een van die kerke wat ons verbystap om by ons refugio te kom - wees gewaarsku dat die dood vir ons almal wag!






















En kyk net wat sien ons op ´n muur van een van die kerke wat ons verbystap om by ons refugio te kom - wees gewaarsku dat die dood vir ons almal wag!
En Judith Burrows en haar man Florentino heet ons baie welkom - ou garde wat daarin glo om die basiese behoeftes van die pelgrims te voorsien: warm storte en beddens, koue kamers, koue klerewaswater, geen kombuis - maar so hartlik dat dit nie saak maak nie.


2010.03.28
(DAG 13)
Somertyd - dit beteken dat die horlosie met ´n uur vorentoe gestel word. Gister is ons 7 uur wakkergemmak, vandag is dit 6 uur!!!! Vertrek na Boadilla.

Klim teen h....e berg op om weer boop die Mesata te wees. Doe-oe-oer onder in die vallei is ons slaappelk van gisteraand. Maar dis ´n opragtige dag. Die son skyn saggies, die wind waai (net) liggies, daar´s geen reën nie - blykbaar stem die weer saam met Spanje se besluit om na somertyd te verander. Ons geniet die dag terdeë.
Nadat ons seker 9km gestap het, kom ons by die Puente de Itero en gaan uit die Burgos distrik na die Provincia de Palencia. Dus is die stap altyd vol mooi verrassing want hier in die veld vêr van ´n dorpie is hierdie mooi brug.
En die blommetjies blom langs die pad - klein soos 20c-stukke.
























In die dorpie by Boadilla het die albergue hierdie pragtige yster standbeel van pelgrims in die tuin. [Dis lewendige pelgrims wat rondom die standbeeld sit!]




En die beste raad vir seer voete is yskoue winter swembadwater!                                                    




2010.03.29                     (DAG 14)                          Ons stap van Boadilla na Villacazar da Sirga. Heelwat van die pad is langs die Canal de Cantilla. Kyk net die rye blaarlose populierbome.




















Hierdie ongebruikte sluise (50 in totaal) is by die ingang van Fromista war ons darem lekker koffie gedrink het.




































En hierdie katedraal van St Martin is die ¨must see tourist attratction¨ van Fromista. Raai wat? Hulle was besig om dit te ¨renovate¨. Maar dite sag-rooi-geel sandsteen is pragtig.

















In teens telling met die middeleeuse katedraal van Fromista, was hierdie moderne beeld wat op die brug oor ´n snelweg oppad na Villacazar de Sirga baie indrukwekkend - mensgroot!



































Ons  kom uiteindelik in Villa Cazar de Sirga aan vol afwagting van ´n toer van een van dei mooiste kerke inuit die Knights Templars se tydperk - maar heelaas, nie net is die weer teen ons (het ek genoem dat ons die hele dag in winde, reën en modder gestap het?) maar ook is die albergue en die kerk toe. 
Gelukkig net straataf (nadat ons serker vir 30min verdwaald rondgestuur is van bakboord na stuurboord!!) vind ons ´n Casa Rural wat ook ´n gesellig eetplek het waar ons die Pilgrims Menu eet en lekker met mede pelgrims kuier.



2010.03.30                   (DAG15)                                Ons stap van Villacazar da Sirga na Calazadilla de la Cueza. Oppad stop ons in Carrion de los Condes om voorrad te koop. Gelukkig want in die volgende 17.5km is daar geen dorpie nie.

























Die koue wind van die sneeubedekte berge in die verte waai verwoed van voor teen ons - ons moet vorentoebeur om enigsins te vorder. En dis 17.5 km!!!





















Die oop velde laat mens gelukkig dink aan die grootheid van die Here en die wind laat my dink aan ´n Duitse sêding uit my kinderdae: ¨Der Wind, der Wind, Das heilige Kind¨. En Mrad moedig net aan ...



En ek stap en stap ...



























Die herberg!! Maar dis binne-in ook maar simpel: eet asb buite, nee ons het nie ´n kombuis nie, gaan maar na die bar - darem ´n warm stort. Ons eet buite (in die wind) en kruip vroeg in. More sal dit hopelik anders wees.



2010.03.31 
(DAG16) 
Ons stap van Calzaduilla de la Cueza na Moratinos - net 13km. Die weer lyk beter en ons beplan om die ¨nature path¨ te neem. Hou jy van my moderne Voortrekker-kappie??













En dis van die mooi-goed wat ons langs hierdie roete sien.



























Moratinos is ´n klein-klein dorpie. Ons stop hier want ons het Rebekah Scott langs die pad ontmoet en sy het ons genooi om by haar en haar man Patrick se ¨Peaceable Kingdom¨ (Ou Testament) te slaap. Kim  (´n pelgrim wat by hulle ingewaai het en nog nie vetrek het nie) help my om wasgoed in hulle masjien te doen en sy hang dit selfs op!


Patrick wys vir ons sy bodega (´n wynkelder in ´n gat in die berg). Dit het darem ´n deur en ´n skoorsteen en bly dwardsdeur die jaar koel - kry ook vir ons ´n lekker bottel wyn uit om saam met die aandete te gebruik.






































En die aandete is tuisgemaakte "tortilla¨- gebraaide uie, aartappel en alles saamgebind met eier - baie lekker.

Ons slaap soos babas. Geen ander mense wat snork nie, wasgoed in ´n masjien gewas en voor ´n privaat vuurtjie gedroog, honde en katte en goeie geselskap. Heerlik.

2010.04.01 
(DAG 17) 
(23.5km)
Moratinos na Calzadilla de los Hermanillos. Die wind en weer het bedaar, maar dis tog koud - dankietog vir lekker warm klere wat ons saamgebring het. Toe ons deur San Nicolas del Real Camino gestap het, het ons St Nicolas se stempel gekry. Toe vind ons die pad deur Sahagun - nogal ´n groterige stad. Gelukkig is daar oral Camino-skulp-tekens wat die versekering gee dat ons op die regte pad is! 


En uiteindelik stap ons oor die snelweg, weer een op ´n natuurpad uit - vir kilometers (23.5km in totaal) stap ons deur veld en verby landerye.


Uiteindelik kom ons in Calazadilla de los Hermanillos aan - voor dooie deur. Maar die Here is goed. ´n Man kom uit die huis oorkant en bring die sleutel van die herberg vir ons! ´n Ou tannie kom, skryf ons in, gee ons die pelgrimstempel en beduie waar ons kos kan koop - lekker kaas want ons kook vanaand pasta.




Mrad maak vuur en maak sy skoene droog. En nadat twee ¨hospitalieres¨ Daphne (Kanadees) en Anne (Duitsland) daar aangekom het, kuier ons tot 10nm saam.
2010.04.02
(DAG 18: +-19km)
Ons stap van Calzadilla de los Hermanillos na Reliegos  (+-19km met die stukkies ¨verdwaal¨!). Pak, groet en is op die pad teen 09:30. Eers is die weer goed, dan raak dit oortrokke en die ysige wind begin weer waai - Mrad reken die aanvoelbare temperatuur is 3-5C. Die omgewing is gelukkig landelik en dus mooi. Geen karre, slegs soms ´n ander pelgrim en ´n groepie Camino-fietsers. 


Dit is fasinerend om te dink dat 19 eeue terug (as ek reg onthou) het Alexander die Grote hier gereis om goud uit Galicia (provinsie van Spanje) te haal vir sy koninkryk! Blykbaar het min verander ...




Wonder of hulle ook koud gekry het? Die laaste stuk van die dag se stap is moeilik omdat ´n nuwe kanaal die bekende Camino-tekens verskuif het. En ons het +-2.5km verkeerd geloop.
Kom dus pootuit in Reliegos aan - silwerskoon mooi herberg en vriendelike ontvangs.
























By die plaaslike ¨bar¨ kry ons warm ChocaCola en kyk hoe die ou ooms van die dorpie kaart speel en die ander mense die dag se nuus met mekaar deel - baie gesellig.

















2010.04.03
(DAG 19)

Ons ry met die bus van Mansilla de las Mullas (naby Reliegos) na Leon. Dis beslis nie die moeite werd om te stap nie want die wandelpad is meestal reg langs die snelweg.








Die stap van die "Autobus Stacio" na die Albergue is mooi deur Leon se strate. Hier´s ´n beeld van St Francis of Assissi in die Parque Jardin.






















Die ontvangs by die Albergue Santa Maria de Carbajas wat deur Benediktynse nonne bedryf word is warm - ook die kamers! 
























Ons pak af, doen inkopies en eet middagete.Elke stukkie ¨jambon¨ (ham) is R5 werd! Maar baie lekker! 



















Besoek Leon Katedraal (links) en San Isodore Katedraal en Pantheon (mag nie fotos neem nie).


Dis een van die Romaneque vensters in die kerk - en hulle is almal so mooi!





Die prag en praal van die katedraal is asemrowend.


Dis Paasfees! Ons sien van die ¨vlotte¨wat in die Semana Santa prosessies gebruik word - more sal ons eers besef hoe goed die uitbeeldings werklik is.



















Ons stap verby die Gaudi-gebou.





























En kom by die San Isodora katedraal uit - ons mag darem van die plafon buite die Pantheon ´n foto neem. Binne-in laat mens verstom.




































En om als te kroon drink ons sjokolade by Valor - 100% dekadent!!!





2010.04.04
(DAG 20 & 21)
Ons bly oor in Leon want my boud (ja - NIE Mrad s´n) is erg seer. Maar die hoofrede is om die Semana Santa (Paasfees) prosessies te sien. Dit was elke oomblik werd. Almal het hoed en maskers aan, die musiek is somber en dit beeld baie goed die gewydheid van Paasfees uit. 




Ons het goeie vidoes geneem van die prosessie self. Sal later kyk of ek dit gelaai kan kry.



Ook die diens in die Pulchra Leonina (Leon se katedraal) was wonderlik -die atmosfeer getuig van sulke heiligheid dat die ons diep geraak het. En die prosessies is soooo sinvol.






  










Ek kry ´n been en boudmassering van ´n vrywilliger by die alberque - dit draai uit dat hy ´n katolieke teoloog is (o.a.7 jaar in Switserland ´n gemeente gehad!!). Nou ja - sy behandeling het ´n bietjie gehelp en ons gesprek (in Duits) was baie insigvol. 


2010.04.05
(DAG 22) 
(7km busry deur Leon en 15km stap)

Ons ry met die blou bus uit Leon uit tot by Virgen del Camino om 7km deur die voorstede te mis. Toe begin ons weer eens deur die pragtige landskap te stap.












Dis ook ´n pragtige dag - blou lug, sonskyn, net genoeg wind, salig. Albei van ons wonder - hoe moet dit wees as dit somer is?? Seker ongenadiglik warm want al ons winterklere hang nou op ons rugsakke. Na 15km se stap kom ons uit by Villar de Mazarife en kies El Refugio de Jesus - dis die eienaar se werklike naam en mens spreek dit uit soos Gê-soes.






Baie gawe mens en sy vrou masseer my boud en dis baie beter. Ons sit in die sonnetjie, stap na die kleine winkeltjie en koop voorraad om saam met ´n Quebec-meisie te kook. Ons kamer is daardie aand VREESLIK koud, maar dis lekker om ´n bietjie privaatheid te hê.












2010.04.06
(DAG 23 - 15km stap)
Vandag stap ons van Villar de Mazarife na Hospital de Orbiga - nee, daar´s nie meer ´n hospitaal daar nie, maar dalk tog in die middeleeue!?!. Die omgewing is steeds plat en dus kan on 15km maklik (tsv my boud) hanteer. Ons stop langs die pad vir waterskep by die dorp se fontein asook die gebruiklike ¨cafe con letche¨ .


Die laaste 500m oor ´n ou Romeinse brug wat 19 boë het. Ongelukkig was hulle besig om dit te restoureer en dus was heelwat daarvan bedek met stellasies.


In die herberg ontmoet ons die herbergier - ´n intense 30-jarige man wat ´n hoe¨ posisie in die Maltese Orde beklee en ´n wonderkuur ervaar het toe hy van longkanker by Lourdes genees is - sy droom is om ´n verlate eeue-oue dorpie wat 250 jaar laas bewoon is naby Astorga (in die berge) te restoureer en te omskep in ´n ¨Village of  Hope¨. Nogal ´n groot droom - selfs die Biskop van Astorga onderhandel met Andre oor sy idee. En ons kuier lekker by hom - kry koekies en gekookte eiers om saam te dra.


Ons neem albei ´n massage vir die lyfpyne van ver-stap - baie lekker. En ons selfgekookte aandete van pasta en groenslaai is heerlik.



2010.04.07

(DAG 24 - 16.8km)
Stap teen 9vm uit Hospital de Orbiga na Astorga.  Die landskap is tog te mooi. Ons stap verby landerye. Kyk net die mooi piekniekplek vir pelgrims -  dis alles standbeelde!


Weerskante sien ons sneeubedekte berge, maar dis ´n ware lente/warm dag. Na ´n langerige bult, kom ons op ´n stalletjie af wat deur ´n jongman vrywillig beman word - hy bied koffie, tuisgemaakte appeltert, koekies, pruime, koeldrank aan - alles teen ¨donativo¨ (vrywillige bydrae). Mens kan werklik wonder wat hom inspireer om so ´n diens vir die pelgrim te gee - die boer het gese^hy kan maar die ou ongebruikte skuur gebruik vir sy diens. En dit was heerlik om daar te sit en  rus.


Verderaan kom ons op die rand van die eskarpement en kyk af op Astorga. Daar´s ´n groot graniet kruis wat die plek gedenk waar ´n verbanne kardinaal op sy kniee¨neergeval het om vir die laaste keer Astorga te groet - ek wonder wat het hy gedoen?
















Astorga het die mees ongelooflike katedraal hoog in die ou deel staan. die sagte rooskleurige steen en die ingewikkelde ontwerp (agv 4 eeue se style wat alles saamsmelt tot die glorie van God) maak dit die mooiste gebou wat ons nog gesien het. In kontras staan dit langs ´n Gaudi-gebou (sien foto) wat in ´n heel ander styl (feetjie-kasteel) ook gebou is tot die eer van die Here. In Spanje word ons daagliks met godsdiens gekonfronteer deurdat daar soveel klem gelê word op kerke, katedrale en grafkelders.


Die museum langs die Astorga-katedraal is net so indrukwekkend - o.a. eeue-oue togas van pouse en priesters in katoliek-Spanje.


2010.04.08
(DAG 25 - 21.5km)
Ons verlaat Albergue San Xavier (Astorga) en begin stap @ 9vm. Die omgewing is baie mooi en weer eens stap ons deur klein dorpies stelselmatig op en op. More bereik ons die hoogste punt op die Camino-roete.


In een klein dorpie met die naam El Ganso kom ons op ´n kostelike ¨kitsch¨ kroeg af - die Cow Boy Bar. Die eienaar wys tot cowboy movies!!! Gelukkig was sy koffie net so goed soos al die ander ¨bars¨s´n.


Ons piekniek langs die pad by mooi tafels en stap verder opdraend tot in Rabanal. Ons soek spesifiek Albergue Gaucelmo omdat ons vriende Clem en Ethel volgende jaar daar vir twee weke die hopitaleros (herbergier) sal wees.


Die heerlik aroma van varsgebakte koek wag ons in en die Engelsman Michael, wat tans die herberg hanteer nooi ons vir ¨4 o´clock tea¨!!!


Ons kook weer lekker pasta en kuier die aand voor ´n vuur.


2010.04.09
(DAG 26 +-17km)
Rabanal na El Alcebo


Ons begin stap @ 7:40 na ´n gesamentlike ontbyt - geen spek en eiers nie, maar die tradisionele Spaanse ontbyt: brood en jam, tee/koffie/chocolate. Vir ´n SA-ner nogal erg!!!


Dis snerpend koud. Die son gee aan die sneeubedekteberge ´n pienk glans. Die vallei wat ons die vorige dag opgestap het, lê  vêr onder ons. Dis steeds bergop, maar die mooi maak dit maklik!












Uiteindelik kom ons uit by die hoogste punt. Daar is ´n yster kruis bo-op ´n yslike hoë houtpaal - die Cruz Fero. Pelgrims het oor die jare heen elkeen ´n klip onder die kruis neergesit - tans is daar ´n hele berg klippe wat mens moet opklim as mens naby die paal wil kom. Dit simboliseer die neerlegging van laste aan die voete van die Here. Die boodskappe laat mens besef hoe swaar die lewe vir sommige mense is.


Verder. Ons gaan verby Manjarin waar ´n man ´n herberg bedryf en homself voorstel as die laaste oorlewende Knight of the Templars. Ons drink donativo koffie en luister na die Gregorian chants wat hy vanaf die internet speel - baie ¨touching¨.


Nou kwaai afdraende na El Acebo - die pad is baie klipperig (skerwe leiklip!!) En die 6.9km voel later soos 12km. Gelukkig bly die omgewing besonder pragtig.


Kom by die Benediktynse herberg aan waar Donna (Italiaanse herbergier) ons ontvang. Ons het haar langs die pad raakgeloop waar sy vinnig van die herberg na die Cruz Ferro gestap het voor 10vm die oggend - ´n 14km stappie!!! Haar gasvryheid en lekker gesamentlike aandete was wonderlik.












2010.04.19
(DAG 27 - 18km)
El Acebo na Ponferrada
Vertrek na ´n goeie ontbyt by Donna bergaf na Ponferrada - dis werklik kwaai afdraend. Sit sommer langs die natuurpad (ons loop nie op die motorpad nie) en geniet die wonderskone dag, die blommetjies, die ligte windjie, die sonskyn, die stilte. Nadat ons deur Molinaseca gestap het (raai wat? - lekker cafe con letche gedrink), kom ons na nog 8km by Ponferrada aan. Blykbaar het ons die langer/mooier roete geneem in die stad in, en boonop ons flou gesoek vir die albergue.


Die Templarios Castle is van buite indrukwekkend, maar ons besluit om nie ´n besoek daar af te lê nie.
Ons doen inkopies, kook saam met ´n vreemde jong Mexikaan en duik baie vroeg in die bed.




















2010.04.11
(DAG 28 - 24.5km)
(Ponferrada na Villafranca)


Ons vat pad deur die vervelige voorstad van Ponferrada - darem ´n paar mooi huise en tuine gesien. 
Toe ontplooi die hele El Bierzo-vallei voor ons: dis die een kleinboer op die ander. Die een ploeg sy landerye om met ´n minitrekker, die ander laat sy vrou die groot kruiwa stoot met die vorige seisoen se koolplante wat nou vir die beeste bestem is. Die pad is lank en reguit en plat.




Ons beplan om by Cacabelos te slaap (17.5km uit Ponferrada), maar ... die herberg is toe. Pieros (3km verder) ook toe!!! Geen genade nie - stap NOG 5km verder na Villa Franca. Gelukkig weet ons van Hato `[GGGGatoe] se herberg ¨Ave Fenix¨ waar hy en sy vrou saans vir die pelgrims ´n gesins-ete be-dien. Dit was baie gesellig: koolsop, toe ge-bakte eiers met ´n stukkie chorizo bo-op, ook ge-braaide hoenderstukkies en vir nagereg of flan of joghurt. 
Duik ook vroeg in die bed want dit was ´n lang dag.


2010.04.12
(DAG 29 - 31km ry met taxi, 12.1km loop)
Villafranca na Fonfria
Ons besluit om saam met twee Sweedse pelgrimvroue met ´n taxi na O´Cebriero te ry. Sodoende spaar ons my boud die 31km se klim - ´n steil deel van die Camino. Gelukkig sien ons die Valcarce Valley wat doer onder le^ en ons sien dit ook van naderby toe ons die 12.1km stap van O´Cebriero na Fonfreie loop.


Die wind waai yskoud - die temperatuur is seker +-4 Celsius. Dis baie mooi en omdat die wind direk van die Atlantiese Oseaan die land tref na 8000km oor die oseaan, verstaan mens die kragtigheid en koue van die wind.


Gelukkig kom ons by Angela se herberg in Fonfria uit. Die herberg is snoesigwarm en die ete wat sy vir die pelgrims bedien is uitstekend: dik groentesop (tipies van Galicia) meer as genoeg sagte vleis, ertjies en aartappel, heerlike wyn en Tarta (amandeltert).


Ons bederf onsself met ´n privaatkamer en suite!!!!


2010.04.13
(DAG 30 - 19.6km)
Fonfria na Samos


Staan rustig op en stap in die snerpende koue wind al verder bergaf. In Triacastella koop ons voorrade en eet dit sommer langs die riviertjie in die flou sonnetjie. Die wind het gaan lê en dis ´n pragtige dag.


Vind die pad na Samos. Dit kronkel hoog bo die Rio Oribio deur klein dorpies, verby ou verlate plaasopstalle verby die pieke van bome. So moet ´n voël voel. Die rivier bruis woes onder in die vallei verby weikampe, en hier en daar is daar beeste wat nou buite wei in die geil kampe. Soms daal die padjie af om op  die rivierwal te loop hoog bo die rivier. Ons kruis dikwels die rivier.


Net voor Samos  loop ons tussen twee hoë leiklipmure - wat sou hulle storie wees?


In Samos is een van die oudste en grootse kloosters (monastary and cloister) in Europa. Dit dateer uit 14e eeu en die toer wat ons daardeur neem is indrukwekkend. Veral as mens in ag neem dat als in 1951 afgebrand het en dat dit so goed herstel is. Ons woon die ¨vespers¨ van die aand by - op ´n manier treurig as mens dink dat net 15 monikke die klooster bewoon. [Dis een vd lewendige monikke wat regs in die foto staan!!]


2010.04.14
DAG 31 - 13.1km
Samos na Sarria
Dis ´n pragtige dag en ons ontduik die vroegoggend koue deur in ´n bar vroegoggend-koffie te drink. Die padjie verlaat die teerpad na 2km en ons klim bergop in die mooiste omgewing in. Deur die dag klim en daal ons om die beurt - nogal uitputtend maar die natuur omvou ons met vrede. Ons maak tyd vir voëlkyk, eet langs die pad en sommer net om te wees. Maar die pad raak ook lank want die vorige dag se stap lê nog in ons bene.




Gelukkig is Sarria in die volgende vallei en voor ons moedeloos kan raak, kom ons by die befaamde stad uit wat die beginpunt is vir meeste van die ¨haastige¨ pelgirms wat net die ver-pligte 100km na Santiago de Compostella wil aflê. Hierdie tappe lei na die Xunta/Munisipale albergue.
Ons vind die munisipale albergue. Dis skoon maar die matrasse is maar ge-hawend van vele moeë pelgrimlywe. Glo ons sal slaap want saans is ons bly vir ´n bed.


Nou gaan ons die bekende Pulvo-dis soek - dis nou seekat soos in Galicia-provinsie bedien. Ek eet die ¨pulvo¨ en dit is regtig heerlik en Mrad eet ´n Pilgirm´s menu - macaroni en clams; ´n stukkie gebraaide vleis, roomys en ´n bottel wyn (gelukkig moet ek daarmee help)!


2010.04.15
DAG 32 - 13.6km
SARRIA na FERREIROS


Stap teen 8:45 bergop uit Sarria uit.


Verderaan stap ons agter ´n groepie van 30 Franse skoolkinders wat saam met hulle juffrou ´n deel van die Camino doen.














Oral is daar water - baie water. In die lug (oral groei mosse en varings) en op die grond (die paadjies is dikwels klein stroompies - kyk in die foto - ons moet op die klippe stap). ´n Paar koeie in die grasgroenveld lyk sommer verdwaald asof die somerson vir hulle oe te veel is.


Ons is teen 2nm by Ferreiros - ´n netjiese klein albergue waar ons vinnig pasta kook, met Irma (75) van Holland gesels (sy´t onomkeerbare breinkanker en stap die Camino vir die 14e keer - omdat sy nog kan stap - en is ´n Buddhis) asook met ´n oulike Poolse/Duitse paartjie. Ons hoor van die vulkaanuitbarsting in Ysland - 90,000 mense vasgekeer in Schipol - dankietog dat ons op die Camino is.  Dis nog buite lig toe ons 19:45 in die bed is.


2010.04.16
DAG 33 (17.5km plus 1km ompad)
FERREIROS na GONZAR
Hulle smyt ons 8vm uit die herberg uit en ons eet ontbyt in die bushalte oorkant want dit motreën - eers was ek lekker vies totdat ek besef dat hulle jaag om elders te wees.


Ons stap in die ligte reën, daal af in die mis wat in die valleie hang en loop oor klippe wat soos reuse-¨stepping stones¨ gepak is deur stroompies wat gevoed word deur die onophoudelike bron water wat uit die berge vloei. Hier is genoeg water vir die hele SA!!!


In Portomarine kyk ons na die kerkie wat geskuif is toe hulle die Rio ... opgedam het - strak maar met sy eie skoonheid. Drink koffie con letche en eet Tarta Santiago - heerlike tert met amandelmeel/krummels gebak.



Loop weer bergaf na Camino - pad. Heeltyd deur woude, verby velde - baie mooi.


Kom aan by Gonzar albergue. Kry 5 vorige stapmaats - eet aandete saam soos ´n familietjie want hulle gaan more verdwyn omdat hulle verder as ons elke dag stap.








2010.04.17.
DAG 34 - 16.7KM
GONZAR na O´CHACOTES

Vandag lol Mrad se tand kwaai. Gelukkig het ons antibiotika wat hy nou drink. Dis koel , die koekoeke roep en ons sien selfs ´n paar - vir ons spesiaal!!



Ons stop vir koffie en ek sien die mooiste bierskink "arm¨- ek drink toe eerder ´n bier - dis mos reeds 10vm!?!?!  Ons eet later sommer bo-op ´n landerye muurtjie - baie gesellig omdat almal wat verbystap vir ons ¨bon proveche¨ sê.
Ons kom rustig net voor die reën by O´Chacotes aan. Die kombuis het geen potte nie dus eet ons ´n broodjie in die restaurant. Plaaslike mans speel heftiglik dominoes - hulle raak nogal driftig met mekaar.

Ons slaap vroeg. M se tand lol erg maar die beloofde tandarts is in die volgende dorpie.











2010.04.18
DAG 35 - 16.7km
O´CHACOTES na MELIDE


Vroeg-vroeg op die pad - die wêreld is pienk van die sonsopkoms.
















Deur Palas de Rei en toe deur die velde na San Julian waar ons die oulikste ¨bar¨ kry - klassieke musiek vir die baccadilla con queso ontbyt - stewige broodrolle met groot stukke kaas.




Die weer is perfek. die velde en woude mooi.


In Melide moet ons na ´n Provisional Albergue gaan want die ou een word herstel. Ons slaap in ´n groot skou-tipe saal. Kyk net regs na die foto!












Die beste is dat ons in Melide die beste Pulpo kry (Mrad kou versigtig) en ook die beloofde tandarts more gaan sien in die plaaslike hospitaal. Verligting is in sig.

Die atmosfeer in Ezekiel se Pulporia is luid en vrolik - eg Spaans. Oud en jonk sing saam, klap ritmes op die tafels en geniet hul wyn en pulpo. Of moet ons sê pulvo? Ons is mos nou in Galeisië.
Vroeg in bed.


2010.04.19
DAG 36 (16.5KM)
Melide na Azuar


Ons is vroeg by die Melide hospitaal - nee hulle gaan nie Mrad se tand trek nie want daar´s infeksie. Maar hulle gee vir hom anti-inflamtoriese pille en ´n voorskrif vir sterk antibiotika - dus stap ons voort.
Deur vele rivierkruisings, woude en piekniekplekke. Kom uiteindelik in Arzua aan.


Die albergue is baie oud met dik mure maar dit is pragtig herstel. Kyk net na die ysters wat die dak bymekaarhou.



















2010.04.20
DAG 37 Arzua na Santa Irene
16.1km


Stap rustig verder en drink by Calla Calzada koel koffie. Die pad is mooi want dis deur ¨chestnut¨en eikebome. 

















Moet darem sê dat Mrad veel plesier gehad het toe hy hierdie Lamborghini trekkertjie sien!!









Kry ´n munisipale albergue in Santa Irene - basies maar stewige beddens. ´n Duitse/Oberammergauer houtsnee-kerwer help my om my fotos af te laai - super!!

2010.04.21
DAG 38 (Santa Irene na Monte do Gozo)
(19.1km)

Die belangrike ding van Monte do Gozo is dat dit 4km weg van Santiago de Compostella is!!! Maw dis die laaste groot skof voordat mens aanmeld vir die voltooiing van die Compostella.

Gaan deur die laaste dorpie San Marcus wat eintlik die voordeur van Monte de Gozo is. Hier´s ´n foto van die Maria-beeld in die kapelletjie in San Marcus.
In teenstelling met die oudtydse kapelletjie staan daar ´n pragtige nuwe standbeeld wat saans oor Santiago skyn.
2010.04.22
DAG 39 Monte do Gozo na Santiago de Compostella
[4km]
Na ontbyt stap ons rustig na Santiago de Compostella. Dis maar ´n simpel pad: gewone mense wat oppad is werktoe, teerpad, sypad, brue en baie mense.

Vind die kantoor waar ons bewys inlewer dat ons die laaste 100km voltooi het (hulle is nie eers beindruk met die feit dat dat ons meer as 600km gestap het nie!?!?). Ons is baie trots op onsself!!!
Gaan na die 12nm mis. Als in Spaans, maar ons weet darem dat hulle gese^het dat 2 mense van Suid-Afrika die Camino Frances voltooi het. Tydens die mis loop die mense nog steed verby Sant Iago (St. James) en gee hom ´n druk!! Kyk mooi - hy staan agter die altaar. En ons het selfs hom gaan ¨hug¨.
Die orrel is baie indrukwekkend. Kyk net na die horisontale orrelpype!
Nou´s dit tyd vir die "hug" ... En na die ¨hug¨en die besoek aan die silwerkis waarin die oorblyfsels van St Iago is. 













Daarna gaan ons toustaan om die gratis ete te kry wat slegs ´n voorreg is vir 10 pelgrims (vir elke ete per dag). Dis skreesnaaks. Ons moet in die garage van die 5***** hotel staan en wag - vroeg-vroeg om jou plek te verseker. Ons word na die pelgrims eetkamer gelei - deur die kombuis! Boonop was die ete toe nie veel lekkerder as die gewone pelgrimsetes nie - maar dit was baie pret!




2010.04.23



(DAG 40) 


Monte do Gozo/Santiago de Compostella







Ry 4km bus in na die stad en weer terug. Kan jy ons sien voor die katedraal?

Na die doelgerigte stap hetons nie veel meer om te vertel nie. Die internet is frustrerend stadig. Ons is redelik moeg vir katedrale en museums. Die koffie en Tarta Santiago is erg duur al is dit heerlik! 
Maar die katedraal is ongelooflik indrukwekkend en mens voel klein in die omgewing. Het jy ons gekry?


Ons is weer eens daarvan bewus dat ons stap vir ons "A celebration of life" was - ons is sooo bevoorreg.

More stap ons na Finisterre-Muxia ongeveer 120km.

Ons is oneindig dankbaar vir ons veiligheid, die plesier en die grootheid van ons ervaring - dankie liewe Vader.

DIE VOLGENDE DEEL VAN DIE TOER SAL ONDER 'N APARTE BLOG VOLTOOI WORD.

As ons radikaal van ons toerplan afwyk sal ons julle laat weet.


Thank you for keeping us in your prayers. Ons sal ook vir julle bid.

Mrad en Inge

10 comments:

Cheryl said...

Hi julle twee! Just wanted to let you know we're constantly thinking of you and hope that you're having the time of your lives!
Looking forward to your first news.
Hennie & Cheryl

Cheryl said...

Dis nou grend! Thanks for the update and all the photos - an excellent way to keep everyone in the know. The scenery is stunning. God bless and protect you both.
Hennie & Cheryl

Joey said...

Hi Inge en Mrad, Baie dankie vir hierdie. Ek moet se - dit gee my sommer so 'n warm gevoel hier om die hart. Ek raak skoon nostalgies as ek alles so lees en saam met julle beleef. Ja die pelgrimsetes is wonderlik - veral die wyn en die jogurt na die tyd (nagereg)!! Ek het ook die Forel en chips geniet. Roncevalles!! Ai - ek het die oornag daar besonders geniet. En Zubiri!! Die woude lyk wel heel anders as op my foto's - ek was in die somer daar!! Maar dit klink nogtans asof julle nie helemal verkluim nie. Geniet - soos ek afgelei julle alreeds doen - elke oomblik. Wens ek was daar!!! Groete Joey

Cheryl said...

Hello julle 2! Dis wonderlik om julle ervaringe saam met julle te kan deel - thanks so much for taking the time and trouble to keep us updated. Uploading the photos and writing the commentary is quite a job for a retired couple, but you owe it to us who are 'left behind'! Ons wil ook vir julle 'n wonderlike Paasfees toewens. Ek is seker hierdie gaan een van die mees besondere Paasfeeste wees gegewe die konteks waarbinne julle dit gaan vier. Mag julle die Here se genade en liefde diep ervaar en hierdie vir julle 'n besondere gedenkfees wees.
Ons sien uit na die volgende episode!
Take care
Hennie & Cheryl

Unknown said...

Lieflik. Dankie dat ons mag meeloop.
Liefde
Nic en Ansie

Unknown said...

Hi
Fantastiese reis. Dit lyk of julle goed hou. Sterkte en geniet dit
Siep

Unknown said...

Liefste Inge en Mrad,
Ek volg julle kruistog met groot belangstelling en ek gun julle die wonderlike ervaring oor en oor. Liefde, Bettie

RedShoes said...

Baie baie baie geluk Inge en Mrad! Wel gedaan! Dit is a groooot ding wat julle gedoen het -- en ek weet dat dit eers oor die volgende paar maande -- en selfs jare sal wees dat julle besef net HOE groot dit was! Ek het geen twyfel dat julle vir 'n baie lang tyd nog gaan terugdink en onthou en verwonderd wees oor dit wat julle beleef het nie...
Wilna Wilkinson

Cheryl said...

Dear Inge & Mrad,
This is an amazing achievement of which you can indeed be very proud. Congratulations - we celebrate your accomplishment with you!

Inge, thank you for your consistent effort in taking the time to document each day and caption the photos. This is a tremendous effort in itself which is really appreciated by those of us who follow your travels in 'virtual' mode.

Our thoughts and prayers are with you as you further your journey. Enjoy every moment! We look forward to the next installment.
Hennie & Cheryl

Joey said...

Hi Inge en Mrad,
Ek het eers nou weer by julle bloq uitgekom. Dit is wonderlik!! en julle het dit pragtig beskryf!! Ek kry sommer lus om weer my stapskoene aan te trek. Dit is 'n absolute onbeskryflike ervaring.
Hou ons asseblief op hoogte van die res.
Groete en geniet elke oomblik.
Joey